Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

By The Celebration Team 28 Nov, 2011

Melissa en Riaan se storie bewys nou maar net dat elke pot sy deksel het... dié twee het mekaar al as kleuters leer ken! Ons is absoluut mal oor die pragtige dekor en die lieflike bruidsrok. Riaan het vir ons hul storie vertel...

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Melissa en Riaan: Liefde vir 'n Leeftyd

Meer oor die bruidspaar

Bruid: Melissa, 29, Wyn Prolokaal Bestuurder
Bruidegom: Riaan, 29, Elektroniese ingenieur

Venue: Kleinevalleij, naby Wellington
Blomme en dekor: Special Events by Cindy
Fotograaf: June Joubert

Hoe het julle ontmoet?

"Ons het naby mekaar groot geword en ek het baie van Melissa gehou op kleuterskool. Ons het selfs ‘n foto waar ons langs mekaar sit op die klasfoto. Ons het toe deur die jare min kontak gehad tot en met hoërskool waar ons baie goeie vriende geword het. Ek was verlief op haar in groot dele van my hoërskool loopbaan, maar was te bang om iets te sê wat ons vriendskap kon skade doen. Sy het op ‘n tyd vermoed dat ek in haar belang stel, maar gedink dat ek maar kan kom sê as ek so voel. Ek het ons matriekafskeid goed beplan en dadelik vir Melissa gevra voordat enigiemand anders kon. Na skool het ons nog ‘n sterk vriendskap gehad, al het ons relatief min gekuier. Melissa was vir lang tye oorsee terwyl ek op Stellenbosch vir ‘n hele paar jaar gestudeer het.

In 2009 het ons toe deur ‘n gemeenskaplike vriend onbepland op ‘n Visrivier staptog in Namibië opgeëindig. Sy dink toe "Hier kom ‘n lekker ry-geleentheid saam met Riaan plus iemand wat kan help aan kos dra". Die stap het toe vir ons albei dinge van mekaar gewys wat ons nog nie gesien het nie en nog nie besef het nie. Op die stap besef ek toe dat Melissa heel moontlik die vrou is vir my en dat dit hoog tyd is om my gevoelens te deel. Daar was op daardie stadium ‘n ander man in Melissa se lewe en na ‘n tyd van dink en duidelikheid kry het ons begin vas uitgaan."

Hoe lank was julle saam voor die verlowing?

"7 maande."

Vertel ons van die verlowing.

"In ‘n baie besige tyd by my werk het ek besef dat dit nou hoog tyd raak om die vraag te vra. Dit was seker toe 4 maande voordat ek vir Melissa gevra het om met my te trou. Ek wou alles mooi deur dink en tyd het nogals vinnig verby gegaan. Op ‘n dag het ek met die Here se getroue leiding ‘n datum gestel wat na die werk se projek-afleweringsdatums was. Die datum het al hoe nader gekom en dit het vir my op ‘n stadium nie moontlik gevoel om alles te doen en te beplan nie, insluitende die ring – ek het glad nie ‘n goeie idee gehad hoe om dit te reël of wat om te doen nie. Op die ou-end het ek ‘n plek-houer ring gekoop op die dag van die verlowing nadat ek ‘n dag voor die tyd amper besluit het om dit uit te stel. Ek het toe duidelik gevoel die Here wil hê ek moet voort gaan met die planne en dat Hy goeie weer sal reël.

Die volgende dag was Saterdag en ‘n perfekte, baie warm dag. Melissa het gewerk daardie dag en ek het gereël om haar te bederf. Ons het vir ‘n hele ruk nie veel lekker romantiese dinge saam gedoen nie. Al wat ek haar gegee het was ‘n instruksie om met gemaklike klere te kom en iets om ‘n hele ent mee te stap. Ek het toe vroeër die dag na die plek gegaan om reg te maak. Ek het ‘n kitaar in die bos weggesteek, piekniek kombers oor ‘n groot plat rots gegooi en ‘n bos rooi rose by die voet van die rots gesit. Sy kom toe later die dag daar aan. Ons pak die piekniek benodighede en stap op na die plek. Dit was ‘n koppie redelik hoog op in die berge wat naby die plaashuis was waar ek gebly het. Die koppie is omring deur berge met drie bome op en een groot rots tussen twee van die bome. Ons kom toe daar aan, net om die rose te vind wat alreeds verlep het en die piekniek kombers wat iewers deur die dag afgewaai het. Die rose het in die skaduwee gestaan, maar die dag was net te warm. Melissa dog toe eers die rose was daar geplaas miskien by iemand se graf… ‘n week terug. Ek het amper saam gestem, maar het ‘n bietjie later maar verklap dat dit voorbereidings was.

Ons het toe heerlik piekniek gehou terwyl die windtjie wat gewaai het heeltemal bedaar het en die son amper agter die berg was. Toe besef ek dis nou die tyd – ek moes darem vra terwyl die son sak en nie na dit nie! Ek verskoon toe myself om die veld badkamer te gaan besoek en gaan haal toe die kitaar. Toe ek terug kom was Melissa heel verbaas. Ek speel toe ‘n liedjie oor twee harte wat bymekaar kom. Met heelwat emosie in my stem het Melissa vermoed iets was aan die broei. Na die liedjie het ek die ring uitgehaal en haar gevra of sy met my sal trou. Na ‘n hele paar 'wow's het ek darem baie duidelik ‘n "ja" uit haar gekry. Sy het dit glad nie toe verwag nie, maar dit was vir haar soos ‘n vroeë geskenk. Ons het toe soos wat die son gesak het gepraat oor alles wat ons al gevoel het maar nog nie oor kon praat nie. Dit was ‘n baie spesiale tyd en plek wat ons altyd sal onthou."

Hoe lank na die verlowing het julle gekies om te trou en hoekom?

"Ons het 9 maande na die verlowing getrou. Ons sou graag vroeër wou trou, maar ‘n paar familie oorwegings het gemaak dat ons in Desember getrou het. Dit het ons goed tyd gegee om die troue te reël soos wat ons dit graag wou hê."

Hoe het julle die beplanning van die troue benader?

"Ons het besluit om meeste van wat ons kon doen self te doen. Ons was baie betrokke by die meeste aspekte van die beplanning. Ons wou dit so doen om die troue ons eie te maak, familie in te trek en natuurlik om bietjie kostes te bespaar. Ons was nogals baie besig in die verlowingstydperk en al was dit nie altyd lekker nie, was dit baie goed vir ons om saam hierdie 'projek' aan te pak as ‘n eerste stap van ons huwelik. Ons het baie van mekaar geleer en ek sal dit aanbeveel vir enige paartjie."

Het julle ‘n kombuistee en ramparty gehad? Wat het julle die meeste daarvan geniet?

"Ja, dit was ‘n wonderlike tyd saam met my naaste vriende. Ek het die meeste die deel van die aand geniet waar ons gesit het en stories vertel het van die goeie herhinneringe wat ons saam het."

Vertel ons van die troue...

"Die aand voor die troue het ‘n paar van my strooijonkers saam oorgeslaap by ‘n familie vakansiehuis terwyl Melissa en haar strooimeisies oorgeslaap het by ons tannie en oom se huis wat redelik naby was aan die plek waar ons sou trou. Ons het toe laatoggend deur gery na Kleinevalleij waar ons gaan help het met die groot regmaak-proses. Ons het besluit om die seremonie en onthaal op dieselfde plek te hou.

Toe ons daar kom was dinge baie goed uitgesorteer en ons hoef toe nie veel te gedoen het nie – te danke aan ons wonderlike vriende, familie en Kleinevalleij se organiseerders. Ons het toe middagete daar geëet op die stoep van die plek. Dit was heerlik om daar te ontspan so voor die troue. Die weer was lekker warm, maar dit was tog bewolk en so nou en dan lyk dit toe of dit gaan reën. Met ‘n baie ligte mot-reën wat toe val het Hannes van Kleinevalleij gevra dat ons ‘n finale besluit moet neem vir ‘n binne of buite troue. Ek was reg vir enigiets, maar het sterk gevoel dat die troue moet voortgaan soos beplan.

Ons is toe later weg na die gastehuis waar my ouers gebly het om daar te stort en aan te trek. Ons het lekker gelag vir Adriaan (een van die strooijonkers) wat vergeet het om sy hemp te stryk. Gelukkig kies ek my vriende goed en was daar iemand met ‘n kompakte strykyster vir hierdie tipe van ding. Ons vertrek toe na die venue wat nie baie ver daarvan af was nie. Toe ons daar aankom het ons manne saam met Sias (die pastoor) gebid. Dit was spesiaal en het so gehelp om my hart en die plek voor te berei vir dit wat kom. Ek was so rustig en opgewonde.

Toe die mense begin aankom kon ek lekker met gaste gesels en vining opvang met vriende wat ek lanklaas gesien het. Dit het toe baie skielik tyd geraak vir my om daar voor te gaan staan. Ek was die heeltyd nogals rustig. Ek het nog altyd gedog my senuwees sal nie dit kan hanteer nie, maar met die afwagting en ywer binne my om getroud te raak, kon ek net nie wag vir my bruid nie! Weereens het die oomblik my omkant gevang toe die instap liedjie begin speel. Die oomblik het my heeltemal oorweldig. My hart spring toe dadelik in my keel. Die instap liedjie se woorde het gegaan oor hoe mooi die eenvoudige dinge is wat die Here geskep het (Telecast – The Beauty of Simplicity). Die emosie was nogals groot terwyl Melissa afgestap gekom het – ek het geweet die oomblik kom nie weer nie en het die intensiteit daarvan waardeer en ook beleef hoe die Here met liefde en ywer vir ons as Sy bruid wag. Melissa het ongelooflik mooi gelyk. Ek is iemand wat detail waardeer en ek het elke bietjie van haar moeite in die regmaak en rok-maak proses waardeer. Om haar toe te aanskou en vas te hou was kosbaar en lekker bo my verwagting.

Die boodskap wat Sias gelewer het het ons gevoel was besonders van toepassing en dit het ons diep geraak. Gelukkig het ons dit op video opname en het al weer daarna geluister. Na die seremonie het ons gaan fotos neem. Die kleure in die lug met sononder was baie mooi. Die fotosessie was een groot plesier. Vir die eerste keer daardie dag kon ons kuier en het lekker saam gelag terwyl ons goeie fotos probeer kry. Ons het gereel dat die mense solank voorgereg kry terwyl ons fotos neem (Desember gaan sak die son nogals laat!).

Toe ons by die saal aankom het ons seker gemaak dat vonkelwyn al geskink is. Met die instap het ons ‘n opgewekte liedjie laat speel en soos ons by die tafel aangekom het is ‘n heildronk ingestel op ons, die bruidspaar, om die onthaal te open. Kort daarna het ons ons “eerste dans” gedoen op ‘n liedjie van Dean Martin, “Sweet Memories”. Ons uitgewerkte dans het baie goed afgegaan. Ons het dit redelik vinnig geoefen en nie verwag dat dit so goed sal gaan nie. Die res van die aand was gevul met heerlike fillet steak, goeie tye op die dansvloer en menigte kuiers met nabye vriende en vriendinne. Ons het verkies om nie ‘n troukoek te kry nie, maar eerder ‘n groot bottel vonkelwyn en sjokolade truffels.

Teen nagereg-tyd het Melissa toe die bottel wat ek vir haar gehou het oopgemaak met ‘n swaard op ‘n tradisionele metode genaamd “sabrage”. Die swaard het ons geleen by ‘n wynplaas. Die toertjie het baie goed gewerk met almal wat buite kom kyk het. Die nagereg tafel was blykbaar ongelooflik met ‘n verskeidenheid van treffer poedings, maar ons het niks daarvan gesien nie. Die aand het teen daardie tyd gevlieg en op ‘n manier was die nagereg klaar voordat ons dit kon sien! Ons was geseën later die aand met ‘n groot-druppel somersreën wat so mooi geklink het en ‘n varsheid in die lug gebring het.

Ouma Elma het by vorige troues al vir Melissa gesê sy is geskok om te sien hoe die bruide sommer net so die onthaal verlaat in hul trou rokke en nie ‘n ander “pakkie” gaan aantrek nie. Met dié in gedagte het ons ‘n gepaste verlaat-pakkie gevind waarin Melissa gespring het ‘n rukkie voor ons die onthaal verlaat het. Ons gaste het ‘n tonneltjie gemaak soos wat ons na die kar toe geloop het. So het ons vinnig almal wat nog oor was se goeie wense gekry en hul totsiens gegroet. Soos wat ons in die kar geklim het, het Melissa agter gekom dat sy vergeet het om haar “garter” te gooi. Vinnig is dié by die venster uitgegooi waar dit onmiddelik opgeraap is deur een van ons vriendinne – goeie gees! Die dag en aand was baie spesiaal, gevul met soveel spesiale oomblikke wat so vinnig verby gegaan het. Ons sal die dag se beplanning, vriende en familie se hulp en God se getrouheid altyd onthou."