Are You a Vendor? List Your Business

MC Jeandre Venter

Entertainment in Gauteng

  • About
  • Contact Details
  • Reviews
Require Info MC Jeandre Venter logo

One of the most important roles during your wedding planning is the role of the Master of Ceremonies.

More and more people are choosing to hire a professional Master of Ceremonies because a Master of Ceremonies not only serves as a good speaker, but also as a WEDDING CO-ORDINATOR.

The Master of Ceremonies serves as the host, communicator, central coordinator, manager and adviser. A professional hired Master of Ceremonies understands the importance of the day and makes sure attention is focused on the bridal couple, after all, it is their day after all?

My name is Jeandré Venter, an organized master of ceremonies who is entertaining, responsible, confident and able to take control of any situation. I'm a good communicator, your go-to person. My service can be provided in Afrikaans or English.

MC Jeandre Venter Reviews

Share your review for MC Jeandre Venter.

Submit Review

Complete all fields below to submit a review.

★ ★ ★ ★ ★
We had the honour of having Jeandre Venter as our wonderful master of ceremonies at our wedding, 17 Jan 2015.

Our experience was a fabulous, pleasing, delightful and absolute fun one. Jeandre was our first choice and we would strongly recommend him.

We knew when it came to handling the order of events of the day that he would not disappoint. When meeting with him, we were quickly put at ease with his confident nature to manage things to perfection.

We simply told him what we wanted and entrusted him with his own innovative for the rest. Not only did he handle the day like a pro, we never had to stress once, he also has a fantastic sense of humour and greatly kept everyone entertained all evening.

We never doubted in him and he most definitely outdid our expectations. We highly recommend Jeandre Venter as a master of ceremonies and he could even plan your entire event should you need him to. What a champ!
★ ★ ★ ★ ★
It was a great privilege for us to have Jeandré Venter conducting our wedding day. From the very beginning to the very end he was 100% committed to making our special day the best day of our lives. To him, nothing was too big or small to do and he really makes the impossible, possible.
As indecisive a bride & groom can be, he made sure the needs met and happened.
It doesn’t just stop at being the master of ceremonies, I think a better title will be; Master of a perfect wedding!

Creative, helpful, paying attention to detail, attentive, spontaneous, determined are just a few important words that set a bride’s mind at ease.

Mr. Venter is extremely professional at what he does; from the “nice to meet you” through to the “I dos” and waving to the last guests to leave at the reception. From the very start, it was comfortable to share our ideas & having Jeandré make the ideas even better and seeing to it that it happens. Prepared, taking notes and having a Plan A, B & C ready.
He is not scared to treat a wedding couple & their guests to a few very entertaining
surprises to crown the day.

With thorough research & willingness Jeandré, our master of ceremonies topped our
highest expectations.

If I can have another wedding day I will follow the exact same path with Jeandré Venter right on the top of my list. The best master of ceremonies and the key to a successful wedding, for sure.
★ ★ ★ ★ ★
It is our pleasure to recommend Jeandre Venter. We utilised Mr. Venter’s talent as an MC at a few
of our Chamberlains in-store events hosted earlier this year.

His enthusiasm and energy made a huge impact on our staff, creating an exciting atmosphere within our Montana store. We definitely recommend his professional service for your next private or corporate event.

We trust that you will find Mr. Venter’s sense of cheer and great spirit as a highlight at your event.
★ ★ ★ ★ ★
Before I start writing the letter with some detail, the biggest thing I am grateful for coming across our paths for our wedding day is you!

I don’t think words can really describe how much value you have added to our wedding day, we had so many guests coming to us and saying it’s the best wedding they have ever been too. That is largely due to the entertainment and structure you brought to our wedding.

I want to express again on the structure that you brought to the day and the experience you in running weddings is just amazing.

You ran the day and ensure everything went smoothly, where ever there were time delays you came to us with suggestions to adjust to stay on schedule and it worked. Where ever we had problems before the wedding day that we communicated with you, you put in the extra effort to give suggestions that once again worked.

Most importantly you took a lot of stress off our shoulders leading up to and on the day which allowed us to have the time of our lives on our special day.

Whoever doesn’t book you would be making the biggest mistake, you’re an entertainers Jeandre and the people loved you at the wedding, even when it came to the formalities that people normally want to pass quickly you made it more fun.

Also, the surprises you had for us through the course of the wedding was so amazing and you made it so special for us. Even now when we go visit friends and family they still speak about how much fun they had.

The last thing I’d like to point out is that the guests who did not know we hired you as a professional thought you were part of the friends or family that we choose to make an MC, you managed to make the speakers coming up feel good before their speech and spoke in such a way that you blended in as family

My word to you at one point during the wedding when you came to chat with me quickly was, YOU ARE AWESOME! and I meant that from the deepest part of my heart.

Thank you for everything Jeandre
★ ★ ★ ★ ★
Dit is vir ons is ‘n besondere voorreg om te getuig dat Jeandre Venter ons troudag werklik ‘n sprokiesdag gemaak het waarvan elke bruid en bruidegom sal droom om te hê. ‘n Troue verg ongelooflike fyn beplanning waarvan Jeandre bewys het dat sy vermoë nie in waarde gemeet kan word nie.

Ten opsigte van Jeandre se beplanning, was hy van dag een af hoogs professioneel en voorbereid. Hy het alle projekte positief, entoesiasties en met volharding aangepak met ons geluk heel eerste op sy lys. Dit was vir ons duidelik dat hy uit sy pad gegaan het om als so perfek as moontlik te maak en dat hy werklik omgee en ekstra moeite doen waar moontlik. Hy het ons op verskeie ontmoetings met duidelikheid, idees gegee en saam met ons die troue beplan en van al die harde werk het hy skoonskip gemaak.

As seremonimeester het Jeandre die dag van begin tot bittereinder perfek laat vloei – met ‘n sterk, positiewe, vriendelike en oortuigende persoonlikheid het hy gaste se fokus op alle tye gehad waar dit moes wees. Al die gaste op die troue was deur hom ingelig oor die gebeure en presies wat van hul verwag was en nie te min was gaste vermaak tot so mate dat ons gedurig van vriende en familie vertel word oor die besondere manier hoe hy alles hanteer en beplan het.

Jeandre se diens was vir ons baie waardevol en sal hom enige tyd sonder voorbehoud aanbeveel.
★ ★ ★ ★ ★
As ouers van die bruid wil ons graag hiermee 'n aanbeveling maak aan enige persoon wat 'n huwelik, patytjie, bekenstelling of enige seremonie wat gehou word beplan.

Ons deel graag ons ondervinding na ons dogter se troue waar Jeandré as seremoniemeester opgetree het: Sy profesionele vooraf beplanning en die dag se verloop self was ONVERBETERLIK!
Ons het regtig nie geweet hoe om die troue te hanteer met die twee uiteenlopende families wat nog baie vreemd vir mekaar was en dan nog daarby was daar van alle ouderdomme mense ook...en dan nog die gewoonlike lang wag vir die foto's wat geneem moet word.

Danksy Jeandré se briljante en verrassende program was daar geen stres of probleme nie, want oud en jonk, bekend en onbekend het soos ou vriende als saam geniet en lekker gelag sodat die tyd net te vinnig verby gevlieg het voor die Bruidspaar gearriveer het.

Die aangename verrassing toe die Bruidspaar die onthaalsaal binnestap, was verseker vir almal die hoogtepunt van die aand!

Al die gaste kon nie uitgepraat raak oor dié lekker troue nie, selfs oupa's en ouma van in die 80's sê dit was sovêr die LEKKERSTE troue ooit!!!

VIR 'N UITMUNTENDE STRESLOSE TROUE/FUNKSIE SAL ONS JEANDRÉ HOOGS AANBEVEEL!!!!!!
★ ★ ★ ★ ★
Hierdie aanbevelings brief dien as n danksegging vir jou dienste en lofprysing van die sukses wat jy behaal het deur ons troudag perfek te gemaak het. Dit is sonder twyfel een van die grootste redes hoekom ek en my vrou vandag agteroor kan sit en se dit was werklik n spesiale en suksesvolle dag.

Wanneer dit by die keuse van 'n seremoniemeester kom moet jy en jou aanstaande dit baie sterk oorweeg om gebruik te maak van ‘n buitestaander. Dit was een van ons beste besluite en waarde vir geld. 'n Seremoniemeester kan jul spesiale dag maak of breek. As jul enigsins twyfel,is jul nou by die regte plek.

Jeandre het die aand behoorlik bestuur en seker gemaak dat daar geen onsekerheid by die gaste is nie, hy het die program met ons (die bruidspaar) vooraf beplan vir die aand sodat alles vlot kon verloop. Met kort beplannings vergaderings voor die groot dag het ons al ons wense met hom gedeel en hy het seker gemaak dat alles verloop soos ons dit sou wou gehad het. Hy het ons (bruidspaar) voorwaar op sy hande gedra. Op die dag van die troue was daar nie een enkele geval waar n verskaffer na my of my vrou toe gehardloop het en gepeper het met vrae nie.
Volgens my en my bruid het die dag seep glad verloop, dalk weet Jeandre van n paar goed wat uitgesort moes word. Dit is hoekom jy nie sonder hom kan nie. Die tydsberekening en al die reelings op die dag was deur hom behartig. Daar was nie n enkele ding uit sy plek of persoon wat verdwaald gelyk het nie. Hy het tot gehelp om te verseker dat almal binne minimum tydperk kos gekry het!!!

Terwyl die gaste vir ons gewag het, het hy die gaste vermaak en besig gehou deur vir hul ‘n dansie te leer. Die gaste het geskater van die lag en tot vandag, kan hul nie opgepraat raak oor die pret wat ons gehad het nie.

Die seremoniemeester is die persoon waarop jy die meeste gaan staatmaak op jou troudag! Hy is die kontakpersoon tussen die bruidspaar en die platejoggie, venue, spyseniers, fotograaf en videograaf en help hulle met vrae en versoeke. Om enige verleentheid te verhoed, maak gebruik van ‘n professionele persoon en geniet die aand.

Jeandre baie dankie vir jou ongelooflike diens en mag jou talent nog vele mense se harte steel.
★ ★ ★ ★ ★
By ons onlangse troue het ons net weer besef hoe belangrik dit is om 'n seremoniemeester by jou troue betrokke te he.
Daar is baie werk wat ingesit word in die voorbereiding van 'n troue en so ook op jou spesiale dag en hoewel die groep mense wat bereid is om te help taamlik vining toeneem, is dit nog ver van voldoende af. Elke bruid en bruidegom het 'n handlanger nodig.

Terwyl baie mense 'n seremoniemeester beskou as die man-met-die-mikrofoon wat gaste welkom heet en grappies vertel ten koste van die bruidegom, is hierdie grapkas eintlik 'n sleutelfiguur in elke troue. 'n Goeie seremoniemeester moet op sy voete kan dink en koelkop bly in 'n stresvolle situasie, om enige krisis te ontlont en so te help verhoed dat dit nie jou onthaal op sy kop draai nie.

So het ons op die beste seremonie meester besluit wat elke oomblik van ons troue spesiaal laat voel het. Jeandre Venter, 'n uitmuntende spreker en organiseerder en baie kreatief wat die vermaak, gedurende die onthaal, aanbetref.
Van die begin van konsultasie, voorbereiding en uiteindelik die GROOT dag, was hy uit en uit professioneel en behulpsaam. Tydens die konsultasie bespreek hy elke aspek en verrigtinge van jou trou dag met jou en maak seker dat hy op hoogte is van wat jou begeerte en behoeftes is vir julle spesiale dag en doen moeite om die name en telefoon nommers van jou verskaffers te kry, welke aspek die belangrikste is.

Jeandre dien nie as 'n seremoniemonster nie, maar juis die teenoorgestelde, hy laat die MEESTER uit die seremonie kom en BEMEESTER dit uitstekend. Hy het selfs sovêr gegaan as om vir ons 'n spesiale vermaak verrassing aan te bied, saam die gaste terwyl ons fotos geneem het. Dit was die hoogte punt van ons aand en besonders oulik.

Ons sou beslis Jeandre Venter aanbeveel aan enige persoon wat 'n stres-vrye en genotvolle troue wil beleef. Gaste sal verewig gons oor julle trou dag want hulle sal elke oomblik geniet.
★ ★ ★ ★ ★
HOEKOM ONS JEANDRE VIR JOU TROUE AANBEVEEL

Niemand kan mens voorberei vir jou troue en al die reëlings wat gepaard gaan met die dag nie.
Dis ‘n oorvloed van emosies: opgewondenheid, blydskap maar ook tonne stres en ons almal wil “die perfekte strokiesverhaal” troue hê wat seepglad verloop. Maar mens dink net doodeenvoudig nie aan als nie, nie eers naastenby nie!

Hoe moet mens ook nou als weet? Meeste raad wat mens kry is van jou ma, skoonma, oumas en tannies wat al baie jare getroud is en self nie aan als kan dink, of onthou nie. Ek was al op hoeveel pragtige troues, maar daar het net daai “iets” gekort, of sal ek sê iemand…

Almal ken “seremoniemeester-materiaal” of ‘n broer, of ‘n beste vriend of ‘n neef of oom of wat ookal. Hulle tref ‘n paar reëlings daai dag, vertel n grap of drie, en dan sien jy hom gewoonlik nie weer nie.

Wat maak Jeandre anders? Hy is soveel meer as net n seremoniemeester, of ons generasie weet net nie meer wat dit beteken nie, maar dit is soveel meer as net ‘n titel. Jeandré Venter dink aan ALLES! Als wat jy nie aan kon dink nie, vergeet het of nie geweet het nie. Hy tref reëlings wat verseker dat als glad en op tyd verloop, sorg dat die gaste welkom voel terwyl die bruid en bruidegom finale voorbereidings tref, hou die mense besig en sorg dat hul weet wat gaan vir wat terwyl jy en jou ander helfte rustig fotos neem. Hy sorg vir vermaaklikheid soos nog nooit van te vore, tot jou knorrigste oom en primitiewe ouma sal lag dat die valstande vlieg!

Ek waarborg dat julle troue sal glad verloop, die gaste sal nie verveeld wees nie en hulle sal ook vermaak geniet vanuit die boonste rakke. Jy en jou liefie sal self vermaak word en ‘n paar oulike verrassings kry wat ‘n glimlag sal verseker! Daar gaan ‘n oepsie of onbeplande ding of twee wees, maar niks wat Jeandré nie vir jou kan uitsorteer nie. Al wat op die ou einde van die dag oorbly is die foto’s en herinneringe. Niemand gaan eers die pastoor se pragtige preek onthou nie, maar wat hul wel gaan onthou is dat dit ‘n prettige, lekker troue was waar hulle hulself geniet het.

Julle kan nie verkeerd gaan met Jeandré nie, sonder hom was ons troue nie wat dit was nie. Daai dag is in n oogwink verby. Baie geld en maande se beplanning en daarom stel ons Jeandré voor om van die stres af te vat sodat julle as pasgetroudes net kan terug sit en elke sekonde van die dag saam kan geniet.

Ons sê baie dankie aan Jeandré vir als wat hy doen om mens se dag soveel meer spesiaal en minder stresvol te maak.
★ ★ ★ ★ ★
Die eerste naam wat ons gaste genoem het na ons troudag: Jeandrè!
Ons dag sou verseker nie so suksesvol wees as dit nie vir Jeandrè en sy kreatiewe speletjies en verrassings was nie.
Ons het ‘n hele paar “probleempies” gehad bv. ‘n baie warm saal in die middel van Desember met geen waaier en almal wou net buite die saal wees maar Jeandrè het die gaste so besig gehou dat die hitte nie eers gepla het terwyl elke enkele persoon gedans het en selfs die goues deel van die speletjies wou wees en so laf was. My maag was lanklaas so seer van lag ????

Ons het hom slegs ‘n paar dae voor die troue ontmoet vir beplanning en hy het ons hoogste verwagtinge oortref.
Jy dink alles is gedoen en dan op nr 99 is daar altyd mos ‘n berg klein goedjies en reëlings en begin die spanning of alles gaan klaar kom en of dit ‘n sukses gaan wees. Jeandrè het al daardie spanning met sy vrye gees en foutlose direksie rondom die reëlings gedurende die hele proses soveel ligter gemaak vir ons. Ons het nie een oomblik nodig gehad om na tyd te kyk. Hy het alles bestuur, van die fotograwe, deur tot by die DJ en selfs die onthaal personeel!

Ons troue was ‘n ongelooflike groot sukses as gevolg van sy beplanning op die dag en sal vir altyd vir ons en ons gaste een van die hoogte punte bly op ons sprokies dag. Sy energieke persoonlikheid is aansteeklik!

Jeandrè Venter is verseker ‘n belangrike “tick” op die lys en ons sal hom sonder twyfel aanbeveel.

Jeandrè, om dankie te se begin nie eers om te verduidelik hoe spesiaal jy ons dag vir ons gemaak nie.

Dankie, dankie, dankie!
★ ★ ★ ★ ★
Ek sal Jeandre Venter verseker aanbeveel om enige bruid en bruidegom se dag spesiaal te maak.
Hy is baie professioneel en georganiseerd.

Ons kon nie vir n beter seremoniemeester gevra het nie. Daar was nie n ding uit plek en niks het skeef geloop nie, alles was op die minuut op tyd. Jeandré was betyds vir elke afspraak en het baie goeie insette gelewer hoe die program moet volg. Ons DJ het op ‘n stadium verdwaal en Jeandré het tot dit professioneel hanteer dat ek nie eens daarvan geweet het nie en soos beplan het ek OP DIE KOP 3uur by die kerk ingestap.

Die grootste verrassing van die dag was die vermaak met ons gaste terwyl ons besig was om foto’s te neem, het Jeandre ons gaste n "flash mob" dans geleer, terwyl ek en my man voorgereg geëet het, spring al wat n gas is op "oumas, oupas, ooms, tannies en kinders" en begin vir ons n dansie te dans.. dit was so spesiaal en ons sal dit altyd onthou. Almal praat nou nog daaroor.

Die eienaars van die venue het gese hul het nog nooit so iets beleef nie, alles was net so op tyd en georganiseerd.. niks het skeef geloop nie en dit alles te da danke aan Jeandre.

Jeandre is verseker die X faktor wat nodig is by elke troue of selfs funksie. Ons is bevoorreg om hom te kon he op ons spesiale dag!
★ ★ ★ ★ ★
BESTE SEREMONIEMEESTER
Gedurende 2016 het ek en my verloofde besluit om op 1 April 2017 in die huwelik te tree. Ons het begin met al die reelings en was ons grootste kopseer wie om as Seremoniemeester te gebruik. Die figuur was die spul waarom ons spesiale dag moes draai en was dit uiters belangrik vir ons aangesien dit 'n huwelikseremonie kan maak of breek.

Na vele kopsere en oorwegings van wie om as Seremoniemeester te gebruik het 'n vriendin, Jeandré Venter aanbeveel. Sy was op 'n troue waar hy as Seremoniemeester opgetree het en was uit die veld geslaan.

Wat 'n verligting! Tydens ons eerste afspraak met hierdie jong spontane man was ons baie beindruk met die wyse waarop hy, van ons ontmoeting af alles onder beheer gehad het. Sy voorbereiding en die uiteensetting van die hele program vir ons spesiale dag het ons oë laat rek en het ons geweet....HY IS DIE EEN. Selfs 'n tydsberekening skedule vir die hele troudag was voorberei.

Hy het verseker dat die dag glad verloop. Hy het homself as Seremoniemeester aan almal bekend gestel en die gaste van die begin af op hul gemak laat voel deur hul vriendelik en hartlik te verwelkom en 'n opgewondenheid onder almal gekweek.

Tydens die onthaal het hy ons as getroude paartjie aan die gaste bekend gestel. Sy spontane woordkeuse, grappies hier en daar en profesionele voorkoms het almal op hul gemak laat voel.
Tydens ons seremonie was daar gedurigdeur 'n afwagting van iets wat kan gebeur. Gaste se aandag was gedurig gebind en Jeandré weet presies hoe om almal deel van die seremonie te maak.

Al sy take as Seremoniemeester was uiters profesioneel hanteer en het hy ook aan al ons behoeftes en wense voldoen. Hy was voortdurend op sy gemak aangesien sy beplanning en orde reelings van hoogstaande gehalte was.
Ons het Jeandré Venter sederdien al by verskeie ander paartjies wat wil troue as Seremoniemeester aanbeveel. Hul almal het hom as die orde meester van hul troudag se verrigtinge gebruik en aan ons terugvoer gegee dat hul uiters tevrede was.

Jeandré is verseker 'n aanwins en die beste Seremoniemeester wat ek nog op enige troue tee gekom het. Sy spontane geaardheid en perfeksionisme het 'n baie groot rol gespeel tot die sukses van ons spesiale dag.

Jeandré Venter was die een wat ons troudag 'n reuse sukses gemaak het en is daar verseker geen punte waarop hy hoef te verbeter nie.

Ons beveel hierdie jong man aan as die beste Seremoniemeester wat enige paartjie se spesiale dag saam met hul gaste sal opkikker en 'n wonderlike samesyn sal verseker.
★ ★ ★ ★ ★
Ons was bevoorreg om jou as ons MASTER OF CEREMONIES te gehad het.

Sonder jou sou ons troudag glad nie so suksesvol en besonders gewees het nie. Van die begin van die beplanning saam jou en jou vrou Zirkia, was dit 'n onvergeetlike reis tot die oggend na die troue by ons familie ontbyt. Julle beplannings vernuf en “attention to detail” word opreg waardeer.

Jy het ons gaste so besonders ge-entertain, hul almal op hul voete gehad met jul dans passies. Jul het elke oomblik van ons dag so besonders gemaak. Jou reëlings was perfek, die beplande tye het vlot verloop. Jy en Zirkia het ons soos koninklikes behandel op ons troudag.

Jou program van die dag was uiters besonders. Ons gaste het ieder en elkeen terug gekom en gesê dit was die mooiste en lekkerste troue ooit!

Met die besonderse woorde: "Waar kry jy die awesome seremoniemeester, hy het absoluut die aand gemaak.”

Nogmaals baie dankie dat jy en Zirkia ons sprokies dag onvergeetlik gemaak het.
★ ★ ★ ★ ★
DANKIE VIR 'N ONVERGEETLIKE TROU ERVARING.

Jy het ons spesiale dag een vir die boeke gemaak en die gaste absoluut bederf. Wat jy doen is 'n kuns en het jou deurdagte beplanning ons toegelaat om net die dag met ons mense te geniet en was selfs laaste minute veranderinge, onwetend aan ons, net inkorporeer.

Gaste was baie beïndruk dat jy leiding kon neem en ons nie een oomblik moes dink oor wanneer die koek gesny, waar die geskenke geplaas, hoe en wanneer eet ons en wat is die beplanning met die dansvloer opening, ens.

Al die klein jakkalsies wat so baie tyd kan steel op so dag, was nie eers vir ons nodig om te bestuur.

Waarlik 'n kuns en 'n besturing op so spesiale troudag, inteendeel enige groot viering wat ons weer sal hou.

Innige waardering

Contact MC Jeandre Venter

Contact Person(s): Jeandré Venter

Show Phone Number  •  Visit website

Request Quote

Subscribe to Newsletter

By clicking "Request pricing" I agree to sign up and accept Celebration's Terms of Use.