Pragtige Bewoording vir Trou Uitnodigings

By The Celebration Team 02 Nov, 2011

Trou uitnodiging bewoording word gewoonlik gekies om te weerspieël wie vir die troue betaal of dit aanbied. Tradisioneel behoort hierdie rol aan die bruid se ouers en woorde word so gekies dat dit duidelik is dat dit hulle is wat die gaste uitnooi. Dit is egter ook moontlik dat die ouers van die bruidegom die troue aanbied, of dat altwee ouerpare saamspan om dit te doen. Deesdae betaal baie bruidspare dan ook self vir die troue -en in die geval nooi hulle self die gaste uit.

Die volgende inligting behoort by jou trou uitnodigings ingesluit te word:

  • ‘n persoonlike openingsfrase
  • Die persone wat die troue aanbied, en dus die gaste nooi (ouers, bruid en bruidegom, grootouers, peetouers ens.)
  • Name van die bruid en bruidegom
  • Datum, tyd en venue van die seremonie en onthaal
  • Enige ander belangrike besonderhede wat julle graag wil insluit.

Pragtige Bewoording vir Trou Uitnodigings

Die volgende is ‘n paar voorstelle vir trou uitnodiging woorde / bewoording indien een of meer ouerpare die troue aanbied:

’n Formele uitnodiging van die bruid se ouers:

“Julle het in ons en hulle lewens gedeel… Deel nou ook in hulle eenwording!
Mr. en mev. van Schalkwyk
nooi u hartlik (of vriendelik of met vreugde) uit na die troue van hulle dogter
Shannon van Schalkwyk
met
John Dudden
Seun van Mnr. en mev. Dudley Dudden
(DV) op Vrydag 21 Desember 2010
om 15:30
in die NG Kerk Doringkloof, Centurion
Ontvangs – Irene Country Club, Irene"

’n Uitnodiging van beide ouerpare:

“William & Grace Carmicalle
en
Albie & Johan Verster
nooi u vriendelik na die huweliksbevestiging van hulle kinders:
Mandy Carmicalle
met
Markus Verster
Die seremonie en onthaal vind plaas by A Moon and Sixpence, Muldersdrift.
The seremonie begin om 16:30.”

’n Meer informele uitnodiging van die bruid se ouers:

“Kom vier saam die gelukkige dag as ons dogter
Cindy Swart
beloftes uitruil met die liefde van haar lewe -
Jason Wade
geliefde seun van Jaqueline en John Wade
Op Saterdag, 12 November om 12:00, by ons tuiste -
14 Ascot Avenue
Irene
- Eva en Gerhard Swart”

Indien ouers geskei is, maar die troue saam aanbied, en die ma nie weer getroud is nie:

“Mev. Heleen Swanepoel en Mnr. Hendrik Swanepoel
(let wel – nie Mnr. en mev. Hendrik Swanepoel nie)
nooi u hartlik na die huwelikseremonie van hulle dogter
Anelien Swanepoel
met
Wikus Du Preez
Seun van Mnr. en mev. Dewald Du Preez
(DV) op Sondag 19 Maart 2011
om 11:00
by Avianto, Muldersdrift (padkaart ingesluit)"

Indien ouers geskei is, maar die troue saam aanbied, en die ma wel weer getroud is:

“Mev. Heleen de Wit
en
Mnr. Hendrik Swanepoel
nooi u hartlik na die huwelikseremonie van hulle dogter
Anelien Swanepoel
met
Wikus Du Preez
Seun van Mnr. en mev. Dewald Du Preez
(DV) op Sondag 19 Maart 2011
om 11:00
by Avianto, Muldersdrift (padkaart ingesluit)

Indien een ouer oorlede is:

“Mnr. Henk Delport
nooi u hartlik na die huwelikseremonie van sy dogter
Marna Delport
met
Ettienne van den Berg
Seun van Mnr. en mev. Pieter van den Berg
(DV) op Vrydag 11 Februarie 2011
om 17:00
by Silver Oaks, Muldersdrift (padkaart ingesluit)"

Die volgende is ‘n paar voorstelle vir trou uitnodiging woorde / bewoording indien die bruidspaar self die troue aanbied:

“Julle het ons ondersteun in die moeilike tye – deel nou ook in ons vreugde!
Julle word hartlik uitgenooi om te deel in die huweliksbevestiging van
Marie Engelbrecht
Jaco en Elmien Engelbrecht
(die bruid se ouers word genoem en kursief gedruk – opsioneel)
&
Christopher Mark
Peter and Sarah Mark
(bruidegom se ouers word genoem en kursief gedruk – opsioneel)
Westcliff Hotel, Rosebank
14 July 2010, 16:00”

"'Gedeelde vreugde verdubbel!'
Verdubbel ons vreugde met die uitruil van ons ringe en beloftes -
Winston & Mpho
Maandag 20 April, 2011, 16:00
by Noxolo Gastehuis
Buffalo Straat 19962, Mamelodi-Oos"

Indien een of meer van die bruidspaar reeds kinders het, en hulle graag by die uitnodigings wil betrek, kan die volgende bewoordingsriglyne gebruik word:

“Jaco Strydom
Nooi u vriendelik uit na die huweliksbevestiging van sy ma -
Marie Strydom
met
Jack Rodriguez
by Velmore Function Venue
op Vrydag die twaalfde Augustus
om vier uur die middag.”

“Alicia de Waal en haar seun, John de Waal
&
Matthew Arnold and sy seun, Peter Arnold
nooi u om in die eenwording van hulle families te deel
op 21 March 2010 om 3 uur
diens en ontvangs by Ondokeo (kaart aangeheg).”

Indien die bruidspaar in ‘n ander land getroud is, of ‘n private troue gehad het en gaste slegs na ‘n onthaal wil nooi, kan die volgende bewoordingsriglyne gebruik word:

“Mr. en mev. Nel nooi u om die onlangse troue van hulle dogter te vier
Lize Nel met Aljo Lukas
wat in London plaasgevind het op 13 Januarie 2009
Kom klink saam ‘n glasie op die gelukkige paartjie by Blue Crane, Brooklyn, 18:30"

Gedigte:

"Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak;
die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het."
~ C. J. Langenhoven

"Die dag toe jy deel word van my lewe
Het ek die gevoel gekry
Dat ons paadjies saam sal loop
Tot dat die dood ons skei..."
~ Anoniem

Die span by Celebration.co.za bedank graag vir Secret Diary Designs vir vandag se artikel.