Trou Inspirasie: Nou Op Facebook!

By The Celebration Team 04 Jan, 2012

Trou Inspirasie: Nou Op Facebook!
Foto's geneem deur Yolandé Marx

Soos julle sekerlik reeds weet, verskaf ons graag wenke en idees aan ons Afrikaanse bruide. Nou is ons op Facebook! Ons nuwe bladsy, Trou Inspirasie, is net nog 'n manier om vir jou net die beste inspirasie vir jou groot dag te gee.

Ons bruide word aangemoedig om vrae te vra, idees uit te ruil en vir ons meer te vertel van hul eie groot dag! Ons sal gereeld kleurskemas, temas en meer publiseer.

So, kom kuier saam op Facebook... en kry jou inspirasie!