Vermaak vir jou gaste: Oulike Ysbrekers

By The Celebration Team 23 Nov, 2011

Tafelplasing veroorsaak soms probleme vir die bruidspaartjie. Dis 'n kuns om die regte persoonlikhede to kombineer om 'n tafel, want niemand wil met 'n mond vol tande sit nie. Die oplossing? Ysbrekers!

Gee eenvoudig vir jou gaste iets om oor te praat! Dit sal ure se genot verskaf en ook sommer 'n persoonlike gevoel aan die tema gee.

Vra jou gaste vas!

Dink aan prettige vrae wat unieke gesprekke sal aanwakker onder jul gaste. Skryf die vrae op kaartjies neer en plaas hulle op die tafels, by die kroeg en selfs in die badkamers.

Vermaak vir jou gaste: Oulike Ysbrekers
Wedding Bee | Martha Stewart Wedding

Hier is 'n paar idees:

  1. Hoe het jy die bruid en bruidegom ontmoet?
  2. As die bruid / bruidegom 'n strokiesprent-karakter was, wie sou sy / hy wees?
  3. Wat is die bruid / bruidegom se sterreteken?
  4. Waar was die bruid / bruidegom op skool?
  5. Beskryf die bruid / bruidegom in een woord.

Vermaak vir jou gaste: Oulike Ysbrekers
Come On Ilene

Vermaak vir jou gaste: Oulike Ysbrekers
Shauna Younge

Persoonlike lapelwapens

Gee vir elke gas 'n lapelwapen wat by hul persoonlikhede pas. Gee byvoorbeeld vir 'n gas wat hou van tuinmaak 'n lapelwapen met 'n blom op. Dit dien as 'n oulike geskenkie vir jul gaste en gee hulle sommer iets om oor te praat!

Vermaak vir jou gaste: Oulike Ysbrekers
June Joubert Photography | Wedding Concepts

Vermaak vir jou gaste: Oulike Ysbrekers
Stephan Marais Photography