Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

By The Celebration Team 08 Dec, 2011

Louis en Toinette het op 1 Oktober 2011 getrou op die pragtige Nooitgedacht in Stellenbosch. Christelle Rall het die lieflike foto's geneem. Ons is mal oor al die pragtige proteas!

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Toinette en Louis: Nooitgedacht Troue

Meer oor die paartjie

Bruid: Toinette, 25, Onderwyseres by Laerskool Lochnerhof in die Strand
Bruidegom: Louis, 29, Plaasbestuurder

Datum en tyd van troue:

1 Oktober 2011 15 :30

Hoe het julle ontmoet?

"Ons was op ‘n 'blind date' wat Toinette se pa gereël het. Toinette het ‘n metgesel gesoek vir ‘n troue in Langebaan op Oujaarsaand. Haar pa het vir een van my vriende
(Kallie Fernhout) gevra of hy nie saam met haar wil gaan nie. Hy kon nie omdat hy 'n meisie gehad het en toe sê ek vir hom hy moet sê ek sal saam haar gaan. Ons het toe vir koffie ontmoet een middag by Mugg & Bean in Paarl Mall en van toe af was dit so!"

Hoe lank was julle saam voor die verlowing?

"11 maande."

Vertel ons van die verlowing.

Louis het vir Toinette gevra by die skool in haar klas. Louis het met een van Toinette se kollegas gesels oor wat hy wil doen en sy het met van die personeel by die skool gereël. Louis het in ‘n ander onderwyseres se klas gewag vir die regte tyd. Toinette is uit haar klas geroep kantoor toe waar sy verras is met ‘n GROOT bos blomme. Die seketaresse en sport organiseerder het haar lank besig gehou. In die klas het die leerders almal doodstil gesit en Toinette het dadelik gevra wie hul moes kom stil maak het. ‘n Seuntjie het gesê dat sy op die bord moet kyk. Op die bord het die volgende gestaan: “As Juffrou Dippenaar se outjie baie lief is vir haar en die res van sy lewe saam met haar wil deurbring, wat moet hy doen?” Met dié draai Toinette om en vra wat aangaan, waar Louis toe onder ‘n skoolbank uitkruip, op sy knie gaan en haar vra om te trou.

Terwyl Louis vir Toinette gewag het, het haar kollega vir die kinders kom verduidelik wat gaan gebeur en dat hul niks mag sê nie (hul is gr.4 leerders), waarop ‘n seuntjie vir Louis gesê het dat as Juffrou nie “JA” sê nie, hy vir Juffrou sal maak “JA” sê.

Hoe lank na die verlowing het julle gekies om te trou en hoekom?

"11 maande. Met die skoolgee is dit nie altyd moontlik om tyd te kry om alles gereël te kry nie. Dit was ook genoeg tyd om alles deeglik te deurdink wat ons wou hê en alles te beplan. Daar was geen haas en dit was ook nie nodig om oorhaastige besluite te neem nie."

Hoe het julle die beplanning van die troue benader?

Toinette en haar ma het alles self beplan. "Ons het gaan sit en ‘n lys gemaak van alles wat gedoen moet word, prente gekry van wat ons wil hê en vooraf geweet wat ons van die mense met wie ons werk verwag. Daarna het ons begin soek vir mense/ besighede wat doen wat ons nodig het. Ons het wel van mense gebruik gemaak wat alles die dag van die troue gedoen het vir ons sodat ons nie nodig gehad het om ons oor dinge te bekommer nie. Ons het na die verlowing dadelik begin beplan. Party goed het ons al maaaande voor die tyd beplan en bespreek, maar ons wou NIKS tot op nr 99 los nie. Ons het almal die beplanning van die troue baie geniet. Dit was lekker om almal se idees en insette te hoor. Die beplanning was ook lekker, want op die dag van die troue was dit so lekker om te sien hoe al jou harde werk alles saamgebring het."

Het julle ‘n kombuistee en “bachelors” gehad? Wat het julle die meeste daarvan geniet?

Toinette: "Ja, dit was lekker om almal bymekaar te hê en lekker te gesels oor die troue en die dinge wat gaan kom."

Louis: "Ja, om net lekker saam met die ouens te kuier wat daar was."

Vertel ons van die troue...

"Ons het vroeg opgestaan. Ons oggend het begin met ‘n heerlike ontbyt wat deur Nooitgedacht voorberei is. Louis en sy strooijonkers het by La Provance oorgebly die vorige aand. Teen 9 uur is daar begin met die hare en grimering. Intussen is die saal reg gemaak vir die groot dag." Die fotograaf het opgedaag en begin foto’s neem van die regmaak en ‘n paar foto’s geneem van die bruid. Intussen het haar assistant van Louis en die strooijonkers foto’s geneem.

Terwyl Toinette gewag het om in te gaan, het die fotograaf vir haar ‘n boksie gebring waarin Louis vir haar ‘n ring gestuur het wat sy die dag van die troue moes dra. Die senuwees was klaar en Toinette het gesit en kyk hoe die gaste opdaag vir die groot geleentheid. Toinette, haar pa en bruidsmeisie het toe begin stap na die kapel. Binne het die gaste, sowel as die bruidegom en sy strooijonkers, gewag. Die viool se musiek het as agtergrond musiek gedien en het ook die regte atmosfeer van rusitgheid geskep. Na die bruidsmeisie ingeloop het, het Toinette met haar pa aan haar sy die kapel binne gegaan. Louis moes ‘n paar keer hard sluk om sy trane terug te hou. Die dominee het aan die gaste geleentheid gegee om foto’s te neem, so baie mense het met hul kamera’s na vore gekom om foto’s van die bruidspaar te neem.

Louis en Toinette het hulle eie troubeloftes geskryf wat toe aan mekaar voorgesê is. Aan die einde van die diens is die trouregister geteken in die ou herehuis. Die gaste het buite gewag met die konfetti. Na die konfetti het die bruidspaar en gevolg gegaan vir hul fotosessie, waar die gaste heerlike verversings sowel as drankies geniet het. Die fotosessie was baie lekker en gemaklik. Hulle het selfs geskrik vir ‘n spinnekop wat net bo Toinette se skouer op die deur gesit het.

Na die fotosessie is die bruidspaar in die saal in. Die toesprake is afgehandel met trane en baie gelag! Die dansbaan is geopen. Die kos was heerlik. Die troukoeke is gesny en die ruiker en garter is gegooi. Tussendeur is daar met gaste gesels en lekker gedans. "Aan die einde van die aand was ons almal se voete seer, maar ons harte was vol liefde en vreugde oor die wonderlike dag in ons lewe!"

Wenke en advies vir toekomstige bruidspare

"Geniet elke oomblik van die beplanning van die troue en die troudag. Alles, die beplanning en dag, gaan so vinnig verby. Dit is die lekkerste tyd van jou lewe en jy MOET elke oomblik tenvolle geniet!"

Wat was die beste deel van die hele troudag?

Toinette: "Die beste deel van die dag was om in die paadjie af te stap na Louis toe en te sien hoe bly hy lyk om my te sien."

Louis: "Toe ek vir Toinette in die paadjie sien afstap by die diens."

Het julle op ‘n wittebrood gegaan? Waarheen? En hoekom juis daar?

"Kwazulu Natal. Ons was Sentraal Drakensberge toe en Ballito aan die Noordkus. Toinette was nog nooit daar nie en het altyd gesê sy wil iewers gaan waar sy nog nooit was nie. Die Drakensberge is stil en rustig en het vir ons heerlik kans gegee om lekker uit te rus. Ons het daar op ‘n plaas in ‘n kothuis gebly. In Ballito het ons ‘n straat van die see af gebly met ‘n pragtige uitsig. Dit was weer lekker om tussen mense te wees en weer terug in die gewoel en geskarrel van die stad te wees. Dit was ook lekker om ‘n ander provinsie te verken." "Louis was al 2 keer in Durban, maar wou baie graag soontoe gaan om die ander dele te sien waar ek nog glad nie was nie."

Plek van troue: Nooitgedacht, Stellenbosch
Hoeveelheid gaste: 148
Koördineerder: Amelia Dippenaar
Fotograaf: Christelle Rall
Trourok: Timeless Weddings
Bruidsmeisies rokke: Occasions
Aandpakke: Bride & Co.
Blomme: 4 Every event
Koek & Spyseniering: Nooitgedacht